Wye reaksie is ontvang oor die gewraakte uitlating van Cosatu se voorsitter in die Wes-Kaap oor sy uitlating dat boere hulle grond gaan verloor as hulle met afleggings begin.
Die jongste ondersteuners van TLU SA se aksie om Ehrenreich aan tekla, kom van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika asook van die Boere-Afrikaner Volksraad.
Hier volg ’n verklaring soos deur laasgenoemde uitgereik is:
Die polities gemotiveerde stakings in die Wes-Kaap was niks anders as ekonomiese afpersing om boere te dwing om die 50% verhoging in minimum loon te aanvaar.
Bitter min ondernemings kan salaris en loon verhogings van 50% bekostig en gevolglik is dit logies dat boere geen ander keuse het as om hulle werkmag te verminder om ten minste die werkers wat hulle oor hou te kan bekostig.
Om die boeregemeenskap wat reeds swaar onder plaasmoorde deurloop met “‘n grondoorlog” en om hulle grond af te neem indien hulle werkers afbetaal te dreig, is intimiderend en aanhitsing tot geweld.
Gevolglik steun die Boere-Afrikanervolksraad die klag wat TLU-SA teen Tony Ehrenreich ingedien het gister.
Hierdie soort van uitlatings maak dit duidelik dat daar geen politieke wil in Suid-Afrika bestaan vir vreedsame naasbestaan nie. Gevolglik sal die Boere-Afrikanervolksraad onverpoosd voortgaan om selfbeskikking te verkry vir die Boere-Afrikanervolk, wat die enigste langtermyn vreedsame oplossing is.
Ben Geldenhuys
Boere-Afrikanervolksraad
Mnr Geldenhuys, ons almal waardeer u besorgdheid. Ons almal is diep besorgd oor hierdie hetiet se uitsprake. Weet egter verseker dat niks of niemand teen hom sal optree nie, wat te se nog aankla. Dis die ruwe feite van die hedendaagse realiteit wat ons beleef. Ons moet eerder regstaan om die aanslag af te weer, wees verseker, dit kom. Zimbabwe styl. Ons weet ook dit is vrugteloos om met die beenkoppe ons bekommernisse en ontevredenheid te probeer bespreek. Hulle luister bloot eenvoudig nie. As jy jou rug op hulle draai is jou item van bespreking reeds in die vullisdrom.
Kom ons kyk die prentjie bietjie uit ‘n ander hoek. Om dit te doen moet ons terug dink aan ‘n redelik onlangse berig waarin onder andere voorstelle was dat plaas boere wat bankrot raak, of sterf se grond gevat word.
Die bankrot gedeelte is die ander prentjie uit ‘n ander hoek. Ek sê nie wat ek nou gaan noem is noodwendig die uitkoms nie, maar verseker moet dit nie uit die oog verloor word nie. Hierdie afleggings kan massiewe impak hê op verwysings na die CCMA. Die CCMA het nie jurisdiksie op sulke verwysings waarin twee of meer werkers afgelê is nie. Die noodwendige gevolg is dat die sake dan verwys word na die arbeids hof met geweldige kostes daaraan verbonde en neem maande, selfs jare om af te handel met ‘n hordes tegniese punte wat getoets word. Dit kan op sy eie ‘n geweldige impak hê op veral die kleiner plaas boere op die einde van die dag.
Retrenching a single employee
Advocate Estelle Botha
Section 189 of the LRA, as amended, deals with the termination of the employment contract for operational requirements. The section prescribes a consultation process to be followed. In 2002 the LRA was amended and introduced section 191(12). This section gives a single employee who was retrenched, a choice whether to refer a dispute to the CCMA for arbitration, or the Labour Court for adjudication.
The section states : “If an employee is dismissed by reason of the employer’s operational requirements following a consultation procedure in terms of section 189 that applied to that employee only, the employee may elect to refer the dispute either to arbitration or to the Labour Court.”
From the wording it is clear that section 191(12) applies where a single employee was consulted and subsequently retrenched. It is not applicable where there was more than one employee retrenched. If more than one employee was retrenched, the CCMA has no jurisdiction – those employees must refer the dispute to the Labour Court. If a single employee was retrenched he/she has a choice to either refer the dispute to the Labour Court for adjudication or to the CCMA for arbitration.
The Labour Court had an opportunity to interpret section 191(12) in an unreported matter of Rand water vs Bracks & others JR1965/05. The court considered the section in the light of the explanatory memorandum of 2002 which stated that the CCMA was to deal with relatively simple cases of individuals who may not be able to afford the cost of labour court litigation.
The court makes an observation that a matter does not become complex merely because of the number of employees retrenched, but the facts of a matter determine its complexity. The court regards the substantive issues as possibly less complex and therefore the CCMA should deal with that. The court interprets the section to mean that the employee may only refer such a dispute to the CCMA if the substantive issues are in dispute only.
__________________________________________________
Because the section says; “following a consultation procedure in terms of section 189…” the court said that it was the intention of the legislator that section 191(12) only allows a single employee to refer a dispute on substantive issues to the CCMA. Any dispute on the procedure must be referred to the Labour Court for adjudication. In the light of this judgement it seems to be safer to refer all retrenchment disputes to the Labour Court after conciliation failed.
14 minutes ago · Like
___________________________________________________
Vorm 711 van die CCMA maak voorsiening om prosedure sowel as substansie te betwis welke nie op konsiliasie anders dan ‘n ilemine mee gehandel kan word nie. Dit word dan ‘n twispunt wat op die einde van die dag net in arbitrasie aangespreek kan word, en verwys die CCMA dan die saak na die arbeidshof.
Is die volgende stelling dan in die kol of nie?
“Wye reaksie is ontvang oor die gewraakte uitlating van Cosatu se voorsitter in die Wes-Kaap oor sy uitlating dat boere hulle grond gaan verloor as hulle met afleggings begin.”
Goeiedag Boere,
Ja ongelukkig moet ek met Andries saamstem dat ons in elk geval net geïgnoreer gaan word, maar aan die anderkant help stilbly oor hierdie ongeregtighede en leuens nog minder.
So, dankie aan die TLU, die Verkenners en die Boerevolksraad vir julle aanklagte, al steur die ‘regime’ hulle dalk nie daaraan nie, die Volk hoor wel, maar wees verseker, ons Vader sien alles.
Boeregroete,
DuP