Eerste Minister van Bulgarye Bedank.


Die Eerste Minister van Bulgarye Boyko Borissov het bedank weens die aanhoudende protesoptogte in die hoofstad, Sofia en ander stede.

Die rede vir die protesoptogte het gegaan oor die steeds stygende elektrisitetspryse. Al die parlementslede het ‘n paar uur later bedank.

Sy woorde met sy bedanking was dat “die mense ons die mag gegee het, maar vandag word dit aan hulle teruggegee.” Hy het ook gesê dat hy nie bereid is om aan ‘n tussentydse regering deel te neem nie.

Volgens hom het hy alles in sy vermoë gedoen om die situasie te ontlont. Hy het genoem dat hy die Tjeggiese maatskappy, CEZ, wat die kragverspreiding in die westelike deel van die land hanteer, se lisensie sal terugtrek. Desondanks hierdie belofte asook sy aankondiging dat die prys van elektrisiteit met 8% verminder word, was die mense steeds ontevrede.

Die Bulgare blameer Borissov daarvan dat sedert sy bewindsoorname in 2009 het die standaard van demokrasie in die land gedaal. In ‘n onlangse debat in die Europese Parlement is genoem dat Bulgarye die swak skakel in die standaard van demokrasie is.