Diewe steel 10 kilogram diamante


Gewapende rowers het ‘n groot aantal diamante gesteel terwyl dit op ‘n vliegtuig by die Brussel-lughawe gelaai is..

Altesaam 10 kg diamante, ter waarde van sowat R4 miljard is gesteel.

Die diewe het glo met twee voertuie deur ‘n heining gebars by Brussel se hoof lughawe.

Daar was nie ‘n skoot geskiet nie en niemand is beseer nie. Die hele diestal operasie het ‘n paar minute geduur .

Daarna het die boewe die lughawe verlaat deur die beskadigde heining.

Die vliegtuig was op pad na Zürich, en die kosbare vrag sou deel uitmaak van die vrag.

Niemand is tot hede in hegtenis geneem nie en die polisie van Europa is besig met ’n intensiewe soektog om die diewe op te spoor.