Dief uiteindelik in tronk


Die sogenaamde finansiële hoofbeampte van die Nala-munisipaliteit (Bothaville) is 15 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog.

Ene Danny Mekgoe, is deur die Bothaville-streekhof gevonnis.

Mekgoe het ‘n tjek van R600,000 uitgeskryf en dit in 2008 in sy vervoeronderneming se bankrekening inbetaal.

‘n Bedrogsaak is in Desember 2008 deur die munisipaliteit begin en het nou finaliteit bereik.