Die Stadigste dier geniet ‘n bootrit.


‘n Drievinger luiaard, (Sloth) het ‘n onverwagse rit op ‘n snelboot gekry.

Die drievinger luiaard (daar is ook ‘n tweevinger) het volgens die persoon wat die video geneem het, Patrick Verreth, uit ‘n boom in die Amazone op sy boot geval. Nadat die klein soogdier homself georiënteer het, het hy blykbaar die rit geniet.

Die luiaard beweeg slegs as dit absoluut noodsaaklik is; hulle het slegs ‘n kwart van die spiervesel as ander diere met ‘n soortgelyke gewig. In gevaar kan hulle ‘n bietjie vinniger teen 4 m per minuut beweeg. Op die grond is sy spoed 2 m per minuut.