Curro skool bars uit sy nate


Die private skool Curro het die nuwe skooljaar begin met ’n toename van 67% meer leerlinge as ’n jaar gelede.

Curro het nou bykans 21,000 leerlinge van graad 1 tot 12 vergeleke met die 12,500 aan die begin van verlede jaar.

In 2011 het Curro slegs 5,500 leerlinge gehad.

Verlede jaar is vyf nuwe skole gebou wat die totaal nou op 26 skole te staan bring, en beplan om nog vyf skole vanjaar op te rig.

Dr. Chris van der Merwe, uitvoerende hoof van Curro Holdings, sê die vyf nuut geboude skole het vanjaar met groot sukses geopen.

Waarnemers is bekommerd dat Curro ’n negatiewe effek kan uitoefen op CVO uitbreiding.

Dit is bekend dat Curro ’n privaat skoolgroep is wat nie enige voorkeur het oor geloofsake of ras nie.
Die foto toon die Curro skool te Langebaan.