Cosatu optog laat verkeer stilstaan


Cosatu-betogers het die verkeer in die Pretoria se middestad feitlik tot stilstand gebring in die optog oor die e-tolstelsel.

Sowat 100 motors het aan die buitewyke van Pretoria voor 10:00 verlaat en in die rigting van die middestad gery.

Die betogers het die kantore van die Vervoer Departement omring en begin sing en dans. Ander het vuvuzelas geblaas en plakkate rondgeswaai.

Die optog het daarna begin beweeg in die rigting van die N1 na Johannesburg.