Bulgarye protesteer steeds.


Ofskoon die eerste minister en sy kabinet bedank het, gaan die Bulgare voort met hulle protesoptogte.

Bulgare het ‘n week gelede in massa-optogte geprotesteer teen stygende elektriesekrag-voorsiening. Verlede week Dinsdag het die Eerste Minister van die land, Boiko Borisov saam met sy kabinet bedank.

Steeds het dit nie die woedende inwoners gekalmeer nie en het meer as 25 000 burgers al die hoofstrate in Sofia geblokkeer. In die ander groot stede het betogers dieselfde gedoen.

Die woedende massa het die landsvlag geswaai en slagskrete geskree soos: “Veg vir ‘n ordentlike lewe,” “Weg met monopolië,” “Geen illusies meer nie, daaglikse burgerlike aksies.”

Die polisie sê daar was geen geweld nie en het hulle skilde laat sak om hulle solidariteit met die betogers te bewys.

Die inwoners het dit duidelik laat blyk dat hulle reaksie nie net teen ‘n ongewilde regering is nie. Hulle dring daarop aan dat die grondwet verander word om voorsiening te maak vir direkte stemming van afgevaardigdes.

Die grootste woede is teen die energieverskaffers wat monopolië in die land het. Hulle tariewe is dikwels hoër as die salarisse wat die mense ontvang.