Boeremag saak se wending


Wilhelm Pretorius skryf op Facebook die volgende verslag oor die gebeure in die Boeremag saak:

Al die beskuldigdes met hulle regsverteenwoordigers het vanoggend gekonsulteer met adv. Jurg Prinsloo SC nadat die staat en adv. Prinsloo ooreengekom het oor die hantering van verskeie aspekte in Kapt. Deon Loots se verklaring rakende hoorse.

Die saak het eers 2 uur begin waarin Loots voortgegaan het met sy getuienis in ‘n hofsaal van 28 grade sonder vantulasie. Loots se getuienis was baie meer uitgebreid as wat in sy verklaring voorkom. Hy het getuig hoe hy voor Supt. Louis Pretorius die hanteerder was van JC Smit wat in 1994 tydperk by die AWB betrokke was by bomontploffings. Adv. Prinsloo wat nou regsverteenwoordiger is van Mike du Toit, het daardie tyd vir JC Smit verdedig, wat ook onskuldig bevind was. Loots het verder getuig hoe sedert ongeveer 1996 gefokus het op Johan Niemoller en oom Jan Viljoen wat vergaderings regoor die land gehou het, met die uitsluitlike doel van verdedigings aksie, sou chaos in die land uitbreek.

Weens die beskikbaarheid van adv. Jurg Prinsloo is die saak uitgestel na die 25ste Februarie.