Boeremag 2 – Nuwe wending


Bloemfontein – In ‘n interesante wending het die staat alle klagtes teen Louis Lategan terug getrek vandag wat in onlangs in hegtenis geneem is op klagtes van hoogverraad. Die staat het tot vanmore klaarblyklik geglo Mnr Lategan het beplan om brandstofopgaartenks in Port Elizabeth op te blaas.

Lategan het vroeër vandag voor Landdros Mveko verskyn vir ‘n amptelike borgaansoek, maar die saak is uitgestel na 14:00 om Lategan se regsverteenwoordiger, Piet Schuurman en staatsaanklaer, Jannie Botha, kans te gee om met mekaar te konsulteer.

Toe die saak om 14:00 hervat, het die staat alle aanklagtes teen Mnr Lategan terug getrek.

Piet Potlood