Blankes gevang weens padwoede


Drie mans sal in die Middelburg-landdroshof verskyn weens ‘n padwoede aanval het die polisie in Oos-Transvaal gesê.

Die drie mans het hulle aan die polisie oorgegee en is elk op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Die drie mans Ernest Hartzenberg (23), Mossie Moss (40) en Johnny van Eeden (22) staan tereg op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Na bewering het hulle passasiers in ‘n taxi aangeval en hulle met ‘n verfbal-geweer geskiet.