Blanke man borg geweier


Roedolf Viviers is aangekla dat hy ‘n Moslem-man verlede jaar doodgeslaan het en is borgtog geweier.

Viviers (28) en Zayne van Tonder (33) is daarvan aangekla dat hulle Muhammad Kazi op 6 Augustus verlede jaar buite ‘n restaurant in Magaliesburg doodgeslaan het.

Kazi het die mans glo gekonfronteer omdat hulle hom oor sy baard gespot en beledig het.

‘n Geveg het ontstaan en Kazi het later aan sy beserings in die hospitaal beswyk.

Die aanklagte teen Van Tonder is teruggetrek en hy is vrygelaat.