Belaglike belasting


As ‘n melkkoei reeds poeiermelk produseer is daar seker nie veel meer om te doen as om biltong uit haar te slag nie. By die byeenkoms waar meer kriminele bymekaar is as die begrafnis van ‘n mafia-don, die Bloemfontein Konferensie van die ANC, is beplan om gegradueerdes te belas. Die belaslikes moet die belaglikes beloon. Dit sal die NSA waarskynlik die enigste land op aarde maak wat sy burgers ontmoedig om te studeer!

Mens kan jou indink hoe die voorstel moes lyk.

“Yor worshipfull mistris the speeka, I propous that people with digreeses should be taxd as they are mostly white. That wil make them think twise of being cleva!”- your honorable Good Comrade! Die voorstel sou dan afgelees word en begroet word met ‘n blouwildebeesagtige poging van duisende wat met ‘n Ellispark tipe vertrapping poog om bakhand by die voorsteller uit te kom, wat as hy so slim is het hy seker ook ‘n graad.

Hoekom mors hulle nog tyd? Waarom gee universiteite nie net vir hulle almal ere-doktorsgrade nie. Nou moet gegradueerdes opdok net sodat duisende tans bevoordeeldes vir vyf tot sewe jaar in klaskamers kan sit en snaakse gesigte trek, in hul neuse krap en kort snaakse klanke uiter soos “Eish”, “hau” en “Hôkey” sodat hulle uiteindelik deurgesit kan word om ‘n graad te ontvang wat soveel werd is soos die ere-doktorsgraad in die eerste plek sou wees! As almal net outomaties een kry hoef geen ma haar kind meer Dokter of Professor te noem nie en kan hulle dan regte name kry wat mens nie met ‘n afkorting kan skryf nie.

Ek wonder ook hoe vinnig die voorstel geskrap sal word as die “strugglaars” begin optel hoeveel van hulle juis met sulke grade rondloop en of hulle graadsertifikate ‘n rooigedrukte strook skuinsoor het wat lees “voorbeeld, nie geldig”.

Maar nee! Die arme man van Hartswater wat dokter dokter speel beland in die sop!

Tot volgende slag

Die Sweep