Baasspeurder Piet gee sy mening


Baasspeurder Piet Byleveld sê glo die staat het tot ‘n sekere mate ‘n prima facie-saak teen Oscar Pistorius.

Sy woorde was: “Ek sê altyd moord is moord. Die polisie moet die ondersoek deeglik doen”

Op ’n vraag aan Byleveld of die verdediging kan poog om die staat se saak te diskrediteer deur die hele saak van die ondersoek beampte Hilton Botha, na vore te bring, het hy gesê dit is ’n moontlikheid.

“Dit is moontlik. Hulle kan ingevolge artikel 174 aansoek doen om die aanklag te laat vaar. Dit kan definitief gebeur” het hy gesê.