Aussies kruip weg vir sikloon


Australië se belangrikste hawe vir die uitvoer van ystererts is gesluit. Die inwoners van ’n afgeleë landstreek aan die weskus het behoorlik skuiling ingeneem terwyl hulle ‘n kragtige sikloon inwag.

Na verwagting sal die storm, met winde van tot 240 km/h die Wes-Australiese myndorp Port Hedland tref teen sononder.

Die buitekant van die sikloon het reeds windsterkte van 120 km per uur bereik.

Die land se weerburo voorspel dat meer as 400 mm reën verwag kan word vir die daaropvolgende 24 uur.