ANC skrik te laat wakker


Die 12 Landboukolleges in die land gaan opgradeer word teen ’n koste van R387 miljoen.

Die Kolleges moet glo “sentrums van uitnemendheid” word.

Tina Joemat-Pettersson, die Landbou minister het aangekondig dat dié opgradering deur die Nasionale Tesourie goedgekeur is.

Die geld sal oor drie jaar aangewend word om “infrastruktuur op te knap, kurrikulums te hersien, kommunikasietegnologie te koop, akademiese personeel weer op te lei, bestuurs- en finansiële stelsels te versterk en om te verseker akademiese programme is geakkrediteer.”

Die studente sal ook geleer word hoe om kleinskaalse boerderye te ontwikkel en hoe om opleiding te gee aan werkers.

’n Woordvoerder uit landbou kringe het aan Die Vryburger gesê die sukses waarmee studente by dié instellings opgelei is oor baie dekades, kan moeilik geëwenaar word. Die feit dat die boere van Suid-Afrika as die bestes te wereld beskou word, dui daarop dat die ou bedeling se opleiding van die hoogste moontlike standaard was.

“Om nou tekene te gee dat dit sentrums van uitnemendheid moet word, is ietwat laat in die dag, het hy gesê.

Die foto is van die welbekende Landbou Kollege naby Middelburg in die Oos-Kaap.