ANC se kleitrappery word bekend


Die ANC is bekommerd oor die feit dat die regering bykans elke hofsaak wat teen hulle gemaak word, verloor.

Die bevinding het daartoe gelei dat die ANC nou dokumente uitstuur om aan gesaghebbendes oor die aangeleentheid.

Intussen word uit betroubare bronne verneem dat die ANC beplan om die aantal provinsies te verminder “ en daarmee hulle te versterk”.
Dit is bekend dat die regering sukkel om beheer oor sy mense te hou en derhalwe die provinsies wil verminder met die doel om die greep te behou as regeerders.

Sterk vermoede bestaan onder waarnemers dat die herindeling sodanig gaan wees dat die ANC weer beheer kan neem oor Wes-Kaap.

Waarnemers meen dat die ANC se kleitrappery en onderlinge struwelinge besig is om die onrus in die party te verhoog.