ANC regering wil gegradueerdes belas


Die ANC het tydens die sogenaamde Bloemfontein Konferensie ’n resolusie aanvaar wat daarop neerkom dat gegradueerdes in die land ’n ander belastingskaal moet kry.

Die volledige besonderhede is nog nie beskikbaar nie en die resolusie is redelik vaag.

Luidens die gewraakte resolusie is die doel van die belasting om die koffers van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) aan te vul. Dié hulpskema sal na verwagting ‘n groot rol speel in die regering se planne om gratis opvoeding aan alle voorgraadse studente te bied.

Meningsvormers het aan Die Vryburger gesê die werklike doel daarmee is om goed besoldigde blankes vêrder te belas sodat hulle betaal vir die studie van swartmense.

Kenners is van oordeel dat die gedagte prakties onuitvoerbaar is.