ANC leiers bestorm Potchefstroom


Pres. Zuma, tesame met ANC leiers het op Potchefstroom afgestorm “om eenheid te herstel”, word berig.

Die verdeeldheid is blykbaar die hoofrede waarom die spandabelrige burgemeester nie weer gekies is nie, en prof. Combrinck die septer swaai.

Zuma is saam met Cyril Ramaphosa, die adjunk-leier, asook Gwede Mantashe (sekretaris-generaal) en Baleka Mbete (nasionale voorsitter) daarheen in ’n poging om die ANC weer in volle beheer te plaas in dié stad.

Mantashe het glo gesê hulle is daar om verskeie probleme in Wes-Transvaal te bespreek.

Hardnekkige berigte lui dat pres. Zuma gedreig het om die hele raad uit te skop as daar nie eenheid bewerk kan word nie.