ANC beplan onregverdige grondbelasting


Die ANC het tydens die Bloemfontein konferensie ook resolusies aanvaar wat meebring dat boere op sogenaamde “onbenutte” grond belas gaan word terwyl buitelanders voortaan nie meer eiendom in Suid-Afrika mag besit nie.

Die resolusies bevestig opnuut dat die beginsel van gewillige koper – verkoper vervang gaan word deur ’n stelsel wat onbillik en bitter onregverdig is.

Die sogenaamde Grond-oudit van staatsgrond wat al jare sloer, moet spoedig afgehandel word.

Buitelanders sal slegs grond in Suid-Afrika op ’n lang termyn kan huur.

Landbou kenners is van mening dat die ANC regering voortaan ’n aanbod aan boere sal maak wat hoegenaamd nie markverwant is nie. Indien die boer die aanbod weier, kan hy sy grond verloor sonder dat hy enige vergoeding ontvang.

So ’n stelsel verskil nie veel van Mugabe se grondgryp stelsel nie.