Afleggings versnel


Meer as 2,000 plaaswerkers het reeds afleggingskennisgewings ontvang, het Business Day berig.

Dit vind plaas te midde van die groot aantal afleggings wat voor die implementering van ‘n nuwe minimumloon gedoen is.

Ontleders wys daarop dat nóg derduisende plaaswerkers hul poste gaan verloor in die komende maande.

Die versnelling in aflegging van plaaswerkers kom nie onverwags nie. Landbou leiers het geruime tyd gelede al gewaarsku oor die gevare van drastiese loonverhogings terwyl produsente pryse deur die kopers bepaal word wat winsgewendheid in die landbou kortwiek.

Boere nader nou alle voorsieners van meganisasie-toerusting om plaasvervangende toerusting te bekom in plek van handearbeiders.