Zuma moet meer radikaal word


Die vakbond FAWU het ’n ernstige beroep op Jacob Zuma gedoen om ’n uiters radikale beleid oor grondhervorming op te stel.

Die beroep is gedoen op die President op die tydstip dat die Wet op Grond van 1913 vanjaar 100 jaar gelede ingestel is.

Die Vakbond vra ook dat Zuma moet erken die vorige pogings tot grondhervorming was ’n mislukking.

Blykbaar sal pres. Zuma ’n toespraak lewer by die viering van die ANC se 101ste bestaansjaar.