Ysland Was Reg, Ons Was Verkeerd: IMF

Bets Botha

Vir die afgelope sowat drie jaar het regerings, bankiers en die massa-media die versekering gegee dat hulle die antwoord het vir die herstel van die ekonomië wat hulle vernietig het deur hulle wanbestuur. Die oplossing was om die gewone man te laat betaal vir die foute wat hulle gemaak het.

Met hierdie resep in gedagte was die gevolg dat Griekeland wanpresteer het op 75% van sy skuld en die ekonomie vernietig is. Die VK, Spanje en Italië is in ‘n afwaartse spiraal en Ierland en Portugal is byna in dieselfde posisie.

In wat seker as die grootste mea culpa in die geskiedenis beskryf kan word, het die media nou erken dat die regering/banke/propaganda-masjien troika verkeerd was. Hulle is geforseer om te erken dat Ysland se benadering tot die ekonomiese tragedie van die begin af die regte een was.

Almal weet wat Ysland se oplossing was. Om die direkte teenoorgestelde te doen wat die bankiers wat in beheer van die ekonomië is, te sê. Die kriminele banke het gesê dat hulle probleme met belastinggeld opgelos moet word, want hulle is “too big to fail.” Ysland het geweier.

Die bankiers het geëis dat geen hoeveelheid swaarkry – vir die belastingbetaler – te groot is om te dra nie solank as wat hulle100 sent op die dollar kry. Ysland het gesê hulle kan kry wat oor is nadat die regering in die behoefte van sy eie mense voorsien het.

Die bankiers het gesê dat die regerings nie langer kan bekostig om dieselfde gehalte onderwys, gesondheidsdienste en pensioenvoordele te handhaaf wat geslagte vantevore as ‘n reg beskou het nie. Ysland het gesê dat wat hulle land nie kan bekostig nie is om deur finasiële bedrieërs uitgesuig te word.

Na drie jaar en ten spyte van die beste pogings van die propaganda masjien om dit te verberg, kan die waarheid nie verberg word nie.

“Ysland se benadering het tot ‘n verrassende sterk herstel gelei,” het die IMF gesê.

Ysland se oplossing is 2000 jaar oud. Plutarch het al gesê dat die wanbalans tussen die armes en die rykes is die dodelikste element in alle Republieke. In hierdie woorde was hy nie besig met sosialistiese dogma nie, hy het die eerste wet van ekonomie uitgespel nl: dat ‘n ekonomie sal altyd gesond wees in die hande van armes en die middelklas eerder as in die hande van ryk gierigaards en dobbelaars.

Nie net is Ysland se ekonomie op ‘n gesonde voet nie maar twee voormalige uitvoerende beamptes van ‘n bank is tronk toe gestuur. Drie van Ysland se groot banke het in 2008 kort na mekaar in duie gestort a.g.v. van groot skuld wat hulle aangegaan het.

Glitnir was die eerste wat geval het nadat Lehman Brothers se krisis veroorsaak het dat die internasionale kredietmark gevries het.

Die hooggeregshof in Reykjavik het Glitnir se voormalige hoof uitvoerende beampte, Larus Weldin, en die voormalige hoof van koperatiewe finansies Gudmundur Hjaltason elk tot 9 maande tronkstraf gevonnis, waarvan ses maande vir twee jaar opgeskort is.

Ook hierin is Ysland ‘n voorbeeld vir die res van die wêreld waar daar reeds gesê is dat banke slegs beboet sal word vir hulle onheilige optredes maar amptenare sal nie tronk toe gestuur word nie.