Worshondjie gaan soek hulp


Mnr. Ben Lurie (68) het drie meter ver geval van die leer waarop hy was. Sy worshond, Karli, het blykbaar dadelik besef daar is fout met haar baas.

Karli het gaan hulp soek by die tuinier van die kerk waar Ben geval het. Die hond het so tekere gegaan om die tuinier se aandag te trek, dat dié besef het iets is verkeerd.

Toe lei die klein worshond hom na die plek waar Ben in pyn lê. Ben se vrou, Lydia (63), is toe ontbied.

Hy is dokter toe en daarna in die Medi-clinic van Welkom opgeneem.