Woedende boere by hof in Parys


Meer as 300 woedende boere het buite Parys se hof byeen gekom oor die terroriste se moorde op die bejaarde egpaar Van Rooyen en het ook gereed gestaan om beswaar aan te teken indien borgtog vir die vermeende moordenaars toegestaan sou word.

Die twee verdagtes, Ezekiel Mnguni (30) en Mmaditaba Mokubung (46), is van Zamdela. Hulle is ’n dag na die moord in hegtenis geneem.

Mnguni het glo voorheen vir die Van Rooyen-egpaar gewerk.

Mev. Van Rooyen se lyk is in ’n vrieskas gevind, terwyl haar man se lyk op die vloer gelê het.