Wiegeliedjies,

Bets Botha

Vier millennia gelede het ‘n grifier in antieke Babilon ‘n wiegelied wat ‘n moeder aan haar kind gesing het, neergeskryf. Die woorde is nie gerusstellend nie, soos wat met alle wiegeliedjies dwarsoor die wêreld die geval is.

In hierdie wiegelied wat op ‘n klein kleitablet neergeskryf is, word die baba bestraf dat sy gehuil die huisgod sal steur en dat daar dan kwaai repurkussies sal wees. Vreestemas was tipies van die slaapliedjies van daardie era sê Richard Dumbrill, ‘n leidende figuur en kenner op die gebied van antieke musiek oor hierdie fonds in Irak.

Ongeag die woorde egter is alle wiegeliedjies in liefde, teerheid en vertroeteling ge-anker, sê Sally Goddard Blythe wat die outeur is van ‘n aantal boeke oor kinder ontwikkeling. Volgens haar vewrwoord die woorde dikwels die moeder se angs oor die gevare wat haar kind mag tref.

Die moeder se stem word deur die Russiese pediater, Michael Lazarev as ‘n “akoustiese brug” tussen die kokon van die baarmoeder en die buitewêreld beskryf. Babas hoor geluide van buite maar die moeder se stem is die grootste invloed want hulle hoor dit intern en ekstern.

Vandag is daar baie faktore wat die voortbestaan van die wiegelied bedreig. Die groot verskeidenheid middele wat beskikbaar is om ‘n baba te vermaak of te troos asook die toenemende afhanklikheid aan tegnologie vir kommunikasie kan hierdie 4,000 jaar oue tradisie beëindig.