Werker steel duisende Rand se platinum


’n Mynwerker by Lonmin se platinum myn is in hegtenis geneem weens beweerde diefstal van rou platinumpoeier ter waarde van meer as R800 000.

’n Polisiewoordvoerder sê die man is by ‘n padblokkade naby Marikana in hegtenis geneem.

Die verdagte se motor is deur die polisie voorgekeer en toe dit deursoek word, is die waardevolle metaal gevind. Die verdagte is in hegtenis geneem. Die mynwerker het probeer ontken dat hy die poeier gesteel het.

Platinum word gebruik is die vervaardiging van vliegtuie, motors, juwele en talle ander duursame artikels.