Welgestelde vrou leef in eenvoud


Amerika – Mary McConnell Bailey het in eenvoud geleef en was terug getrokke. Sy het jare in New York gewoon en was nooit as welgesteld geag nie.

Ná haar dood het dit bekend geword dat sy ’n skenking van $20miljoen (sowat R165 miljoen) aan ’n biblioteek en aan Central Park gemaak het.

Sy het in eenvoud geleef en as vrywilliger by ’n hospitaal en skole gewerk. Sy is oorlede in die ryp ouderdom van 88 jaar.

Haar buurvrou het vertel dat hulle soms saam gaan eet het iewers, en dan het elkeen maar vir homself betaal.