Weer ’n terroriste aanval by Muldersdrift


Die hoof van die SAPD in Sentraal Transvaal was besig om inwoners van Muldersdrift toe te spreek oor misdaad en geweld toe daar ’n entjie vêrder ’n moord gepleeg word.

Mnr. Andries Johannes Bekker (29) is swaar gewond toe hy met ’n terroriste aanvaller geworstel het. By aankoms in die hospitaal is hy dood verklaar.

Polisie woordvoerder Mzwandile ¬Petros het glo aan inwoners van die misdaad geteisterde Muldersdrift gesê hul situasie is nie uniek nie want in Hillbrow is dit ook soos by hulle.

Terwyl Petros gepraat het, het terroriste Bekker en sy vrou in hul huis op hul hoewe in die gebied Elandsdrif in Muldersdrift, aangeval.

Die vrou is met ’n vuurwapen gedreig en Bekker het haar teen die rower beskerm. Die daad het hom sy lewe gekos.