Waterval eis gesin se lewens


Pieter Prinsloo (38) sy vrou Adele (34) en die 13-jarige Shanté het blykbaar ’n rivier aan die bopunt van die Rietfontein-waterval hand aan hand probeer oorsteek. Die vermoede bestaan dat een blykbaar gegly het op die gladde klippe, en dat al drie daardeur saam die water in is.

Die egpaar sou Oujaarsdag hul 14de huweliksherdenking gevier het.

Karen Steyn, ’n niggie van Pieter het later gesê dat die Here hulle gelyk gevat het want die een sou nie sonder die ander kon leef nie.

Pieter en Adele was van skooldae af in ’n verhouding. Hulle is Oujaarsnag van 1998 getroud.