Vrystaatse burgemeester rits rond


Mongi Ntwanambi , burgemeester van die Xhariep-distriksmunisipaliteit in die Suid-Vrystaat, het verlede jaar, bykans elke dag petrol van honderde rande in sy ampsmotor, ’n Mercedes E500, gegooi. Na raming het hy tussen 500km en 1,000km per dag gery.

Dit is volgens die munisipale boekhouding se syfers.

In die Suid-Vrystaat word gespot dat dié burgemeester die Guinness Rekords kan haal.

Die ouditeur-generaal is glo gevra om die “absurde en astronomiese brandstof gebruik” te ondersoek.

In April 2012 het hy die meeste brandstof ingegooi, en was vir R42,964,74 wat beteken hy het gemiddeld brandstof vir R1,432 per dag ingegooi.