Volksmoord duur voort


Die terroriste aanval op mnr. Pieter Kellerman (85) van Johannesburg is net nog ’n geval wat by die res van slagoffers getel word. Hy is in die vroeë oggendure oorval en geskiet. Sy vrou is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Sowat R50,000-00 kontant is gesteel.

Intussen is verneem dat mnr. Jannie du Plessis van Villiers in die Vrystaat gesterf het as gevolg van die wonde wat hy opgedoen het met die aanval by sy plaas op 6 Januarie vanjaar.

’n Bestuurslid van Projek 2010 het aan die Vryburger gesê die volksmoord op Boere-Afrikaners gaan steeds voort.
Tot 28 Januarie 2013, is nege volksgenote vermoor in terroriste aanvalle.