Voedselverwerking beskerm teen goedkoper invoere


Verlede jaar was Brasilië hewig ontsteld deur S.A. se dreigement van ‘n invoerboikot op hoendervleis. Daar kan ‘n soortgelyke reaksie verwag word weens die abnormale hoë invoerheffing op pasta van 40% wat op 21 Desmember 2012 in die staatskoerant gepubliseer is. Die aansoek teen invoerbeskerming is deur Sasko Pasta ingedien.

Internasionale handelsregulasies bepaal dat ‘n land so iets slegs mag doen as daar ‘n bewyse is dat ‘n ingevoerde produk deur die uitvoerland gesubsidieer word. In so ‘n geval moet daar deeglike ondersoek ingestel word en die uitvoerder moet die geleentheid gegun word om sy onskuld teen so ‘n aanklag te bewys. Volgens kenners bestaan daar ‘n vermoede dat die voorgeskrewe stappe nie behoorlik gevolg is nie.