Vinnige optrede red seuns


Twee seuns is gedurende die week tussen Kersfees en Nuwejaarsdag in twee afsonderlike gevalle deur slange in die voet gebyt.

Die optrede van ouers sowel as die dokters en hospitaalpersoneel het die kinders se lewe gered.

Daantjie du Preez (5) van Westonaria is vier dae nadat hy deur ’n pofadder in ’n tent langs die Vaalrivier by Parys gebyt is, uit die hospitaal ontslaan. Die ouers het die adder doodgemaak en saamgeneem hospitaal toe om seker te maak die korrekte serum word toegedien.

Hendri Pelser (7), is deur ’n kleiner geelslang in sy ouerhuis op Dewetsdorp gepik en is na behandeling uit die hospitaal ontslaan.