Verruil die aarde vir Mars


Aansoeke word nou ingewag van intelligente, gesonde mense wat deel uitmaak van ’n span wat op mars wil gaan woon.

Die beplanning is dat vier ruimtevaarders gekeur sal word om in 2023 die eerste kolonie op Mars te stig.

Op die betrokke webblad van Mars-One is dit ’n vereiste dat aansoekers hulle CV sal stuur, en moet minstens 18 jaar of ouer wees.

Aansoekers moet bereid wees om agt jaar lank opleiding te ondergaan voor die reis begin. Die gekeurde aansoekers moet besef dat daar nie terugkeer is nie.

Jy vertrek en dit is die laaste keer dat jy die aarde verlaat om nooit weer terug te keer nie.

Waarnemers is van oordeel dat die hele saak ’n foefie is en nooit werklikheid sal word nie.

Op die foto is ’n sonsondergang wat etlike jare gelede geneem is. Let op hoe klein die son vertoon op die foto.