Vermetelheid ?


Gedurende 2012 het Boere-Afrikaners kennis geneem van die tientalle stakings regoor Suid-Afrika. Hierdie stakings is uitgevoer en vooraf beplan deur vakbonde wat deurlopend aangewend word om die blankes van die land vêrder te verarm.

Maar wat gebeur werklik? Behalwe dat menige blanke se finansiële posisie verswak het weens stakings, het die stakers self groot verliese gely.

Met die staking by een van Harmony se grootste myne, oorweeg die mynbase dit nou baie ernstig om daardie myn te sluit. Dit kan meebring dat meer as 5,000 werkers skielik werkloos sal staan.

Die stakende plaaswerkers besef waarskynlik nie dat hulle ook misbruik word nie. Die R150 eis in stede van die huidige R80-00 is aanloklik, en daarom doen hulle lustig mee aan die oproer en vandalisme. Met watter gevolge? Honderde gaan hulle werk verloor omdat landbouers die verhoogde lone sal betaal, maar hulle gaan met minder werkers die werk verrig. Ander landbouers gaan meganiseer. Nog groter werkloosheid tot gevolg!

Dit laat die vraag: Is die werkerskorps vermetel, of is dit pure domheid?

Lees hierdie week oor die terroriste aanvalle op ons volksgenote. Ongelukkig is daar ook ander minder goeie nuus soos die BCVO se kinders wat nie hulle matriekvakke se uitslae ontvang nie.

Daar is ook iets te lees oor pres. Zuma se jongste uitlatings aangaande rykdom tussen wit en swart! En daar is klanke van nog ’n troue wat kom!

Lees ook wat nou weer aan die woel is rondom mnr. Spies, die Radio Pretoria direkteur.

Die berig oor ’n kitskos maatskappy wat vir ’n kliënt werklik swak kos aanbied en wyer om die kliënt se geld terug te gee, behoort elke volksgenoot daarvan te weerhou om met die instansie sake te doen.

Die Vryburger se redaksie wil van hierdie geleentheid gebruik maak om sy lesers te bedank vir die groot aantal e-posse van goeie wense wat ontvang is gedurende die Feestyd.

Ons sal in die komende jaar Die Vryburger tot groter hoogtes lei en daarmee aan ons lesers ’n nog beter diens probeer lewer.

Aan almal wat weer terug is in die tuig, wens ons sterkte toe. Mag dit ’n vrugbare jaar wees vir elke volksgenoot wat dit erns maak met die welstand van ons mense.

Redakteur