Verdeeldheid verskerp in ANC


Die ANC se Uitvoerende komitee (NUK) het Angie Mo¬tshekga, Minister van Onderwys, uit die party se na¬sionale werkkomitee (NWK) weggelaat.

Dié Komitee het die afgelope naweek in Pretoria vergader waar die nuwe werkkomitee aangewys is wat saamgestel word uit die ses belangrikste leiers met 20 bykomende lede.

Die Vroueliga, Veteraneliga en die omstrede jeugliga kan ook elk een persoon afvaardig na die NWK.

Motshekga, wat die president van die vroueliga is, word tans wyd gekritiseer oor haar hantering van die skoolhandboek debakel, veral in Noord-Transvaal.
Die opvoedingspeil wat al laer neig, word ook voor haar deur gelê.

Waarnemers meen dat haar weglating daarop dui dat die ANC se onderlinge verdeeldheid net verdiep het.