Uit die Woord – Pred 5:3-4

“As jy ’n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.” -Pred 5:3-4

Die draai van die jaar is waarskynlik die tyd waarin mense die gretigste is om allerlei beloftes te maak van wat alles in die nuwe jaar sal gebeur. Ons neem ons dinge voor en dit is goed so, maar dang aan ons dikwels so vêr dat ons aan geliefdes en aan God beloftes maak wat ons nie kan hou nie. In hierdie geval is dit beter om dan eerder nie te belowe nie.

Werk hard aan jou voornemens, maar onthou om nie beloftes te maak wat jy nie kan hou nie!