Twee terroriste sterf saam met slagoffer


Die sakeman van Bedfordview , Shaun Lipshitz (35) is dodelik gewond weens ’n terroriste aanval waartydens hy sy gesin teen inbrekers wou beskerm.

Lipshitz is die eienaar van die IT-maatskappy wat van sy huis af bedryf word.

Lipshitz het sy pistool aan hom gedra en op die rowers gevuur toe hy hulle in die huis betrap.

Die twee boewe en Mnr. Lipshitz is noodlottig gewond en op die toneel dood.

Sy vrou en twee kinders is erg getraumatiseer.

’n Woordvoerder van Projek 2010 wys daarop dat die sterftesyfer reeds op 12 te staan gekom het vir Januarie 2013.
Die Bestuur van Projek 2010 doen ’n ernstige beroep op lesers om ’n finansiële bydrae te maak sodat die goeie werk wat tot hier gedoen is om sterfgevalle aan te teken wat deur terroriste gepleeg is, voortgesit kan word.

Projek 2010 is die mees betroubare en gesaghebbendste databasis ter wereld wat die volksmoord se besonderhede op datum hou.

Besonderhede is beskikbaar by www.projek2010.co.za