Treinongeluk kos miljoene Rand


Ongeveer R22 miljoen se skade is aangerig met die treinongeluk in Kalafong en kraglyne is beskadig.

Na raming is 300 mense, insluitende skoolkinders, beseer nadat ‘n trein van agter teen ‘n stilstaande trein gebots het.

’n Woordvoerder sê 20 mense het ernstige beserings opgedoen en 160 ander mense het geringe beserings opgedoen.

Die spoorlyn tussen Cor Delfos en Saulsville is weens die ongeluk gesluit.

Die Passasier Spoor Agentskap van Suid-Afrika (Prasa) het gesê kabeldiefstal is in die gebied aangemeld, maar die oorsaak van die ongeluk is onbekend.