TLU SA praat reguit


TLU SA het in een van sy onlangse Internasionale Bulletins ’n skerp aanval gedoen op die stakendes van die Wes-Kaap.

TLU SA wys daarop dat dit nie die verantwoordelikheid van kommersiële landbouers is om werkers van ’n sogenaamde “leefbare inkomste” te voorsien nie. Markkragte bepaal immers die vergoeding van werkers. Die landbouers forseer niemand om by hulle te werk nie. Dit is ’n vrywillige daad.

Mnr. Andrew Kenny het in die “Citizen” daarop gewys dat dit vir sommige landbouers ’n fortuin is om R69-00 per dag te betaal. Hy sê in Kuba is die gemiddelde inkomste R8-00 per dag vir werkers. Daar is elke werker net soos hier, vry om die werk te verlaat as daar ontevredenheid is met die loon.

Hy sê dat dit gewoon onsin is as daar verwys word na “slawe loon”.

Mnr. Kenny wys daarop dat die ANC se landbou minister, Petterson, ontvang jaarliks R1,7 miljoen wat neerkom op sowat R3,300-00 per dag en as gevolg van minimum loon vasstelling deur die owerhede, het meer as n miljoen werksgeleenthede op plase verlore gegaan.