Tiener red meisie van terroriste aanval


’n Tiener van Brits, Luday van der Merwe, is moontlik permanent verlam nadat hy ’n meisie op Oujaarsaand uit ’n terroris se pad gestamp het.

In die proses het die terroris hom geskiet.

“Hy het my lewe gered. Hy is ’n held. “Ek lewe omdat Luday my uit die pad gestamp het,” het die 19 jarige Deidré Strydom met betraande oë gesê.

Luday (16) is in sy ouma, Jenny Wallis, se sorg nadat sy ma, ’n enkelouer, aan kanker oorlede is.