Terroriste vermoor pensioenaris


Mnr. Daan Fourie (73), ’n afgetrede sakeman wat op ’n kleinhoewe buit Vanderbijlpark woon, is dood in sy slaapkamer gevind met verskeie meswonde aan sy liggaam.

Een van sy werknemers is ook doodgemaak.

Mnr. Fourie was voorheen ’n sakeman in Richardsbaai en het ’n tyd gelede afgetree.

“Hy moes doodgebloei het. Hy is in sy slaapkamer dood,” het sy suster gesê.

Die terroriste het by Fourie se slaapkamer ingekom. Dit is onduidelik hoe hulle op die werf gekom het wat met elektriese heinings beveilig is..

Fourie se selfoon, beursie en TV is weg. Die Hyundai-bakkie was vol goed gelaai deur die boewe maar toe hulle agteruit ry en wil omdraai, het hulle in die mielieland beland en vasgeval.