Terroriste sluit slagoffers in kluis toe


Mnr. Jannie du Plessis, ’n boer van Villiers in die Vrystaat veg om sy lewe nadat terroriste hom in die maag geskiet en saam met sy vrou in die kluis toegesluit het.
Mnr. Du Plessis (64) van Gretna Green, Villiers is gistermiddag in ’n kritieke toestand per helikopter na die Unie-hospitaal in Alberton geneem. Mev. Stinnie du Plessis het haar man in die kluis aan die lwe gehou deur sy skietwond toe te druk en met hom agt uur lank te bly praat.

Sy word vir skok behandel.

Mnr. Du Plessis se broer, Johan, sê dit is ’n wonderwerk dat sy broer die aanval oorleef het. Hy vertel dat die aanvallers het nie vrae gevra het nie. Hulle het hom summier geskiet.”

Johan sê die terroriste was baie spesifiek oor wat hulle wou hê: “Hulle het ‘daardie diamantring’ en ‘daardie geldtassie’ gevra.”

Die terroriste het geld, ’n haelgeweer en ’n rewolwer gesteel waarna hulle Jannie aan sy voete uit die bed gesleep en saam met sy vrou in die donker kluis toegesluit het.

’n Plaaswerker en die egpaar se huiswerker het saam op die bebloede slaapkamer afgekom en hulp ontbied. Die boewe het die kluis se sleutels op ’n rak agtergelaat en die egpaar kon bevry word.