Terroriste skiet vrou in maag


’n Dame van Rustenburg, is tydens ’n vleisbraai deur twee gemaskerde terroriste geskiet.

Mev. Anna-Maria Coetzee (57) het nog baie pyn, maar sy is in die hoësorgeenheid van die Ferncrest-hospitaal waar sy goed versorg word.

“Die dokter is tevrede dat die operasie ’n sukses was,” het haar man gesê.

Mnr. Johan Coetzee het vertel dat hy en sy vrou hul dogter en skoonseun se huis in die woonbuurt Safari Tuine gedurende die vakansie oppas.

Hulle het die aand vleis gebraai en was net klaar daarmee toe die twee terroriste voor hulle verskyn en drie skote afvuur. Een skoot het mev. Coetzee in die maag getref en ’n tweede skoot het hul seun skrams in die been getref.

Johan Coetzee glo die aanvallers het ingekom om dood te skiet, want nadat hulle die skote afgevuur het, het hulle op die vlug geslaan.