Terroriste skiet twee boere


Mnr. Gert van Wyk (40), en sy plaasbestuurder, mnr. Edward Fouché (30), asook die voorman van die fabriek op die plaas, mnr. Gary Wallace, het gestaan en gesels in die mielieland.

Vier terroriste waarvan een gewapen was het hulle beveel om op die grond te gaan lê.

Gert se broer het gesê die een terroris het Fouché koelbloedig doodgeskiet. Daarna het hy Gert geskiet en ook op Gary gevuur maar dit was mis.

Die skurke het die deur van die kantoortjie waar mielies verkoop word, afgeskop waar Gert se vrou, Retha, met die geld gesit het.
Hulle het die geld gevat en in ’n blou Nissan-bakkie gevlug.

Van Wyk is in ’n ernstige toestand na ’n hospitaal in Kempton Park geneem waar hy reeds twee operasies ondergaan het.

Die Van Wyk familie is die sewende geslag wat op die familieplaas boer.