Terroriste skiet man in sy huis dood


‘n Man, wie se naam nog nie bekend gemaak kan word nie, is ten aanskoue van sy drie kinders in sy huis in Senderwood, Johannesburg, deur gewapende terroriste doodgeskiet.

Die terroriste het hul vuurwapens op die eienaar van die huis gerig, wat hom verplig het om sy vuurwapen uit te haal.
‘n Skietgeveg het ontstaan. Die huiseienaar is op die toneel dood en die twee terroriste is ook dood.

Plolisie woordvoerder Claassens het gesê die man se gesin is verpletter.