Terroriste is met uitwissingsveldtog besig


Mev. Annette Bazzard (67), moes toekyk hoe twee terroriste haar man in die bed doodsteek met messe waarna hulle haar getakel het en sy verskeie meswonde opgedoen het.

Haar eggenoot, mnr. Gordon Bazzard (75) is in die bed dood aan die wonde.

Die moordenaars het by die egpaar se meenthuis in Heuwelsig ingebreek.

Hulle het mev. Bazzard se mond toegeplak en haar verskeie kere in die bors en nek met ’n mes uit haar kombuis, gesteek.
Sy is na behandeling in die Netcare-Pelonomi-Private Hospitaal ontslaan en sterk by haar dogter, Juriette, aan.
Die twee moordenaars is intussen aangekeer.

Projek 2010 se bestuurder wys daarop dat dit die dertiende moord op volksgenote is wat vir Januarie 2013 aangeteken word.

Hy het aan Die Vryburger gesê dat die aanslag hewiger word en die indruk laat dat die terroriste met ’n doelbewuste uitwissingsveldtog begin het.