Swart werknemer deel van komplot teen boer


Drie boewe waarvan een ’n swart vrou, is in hegtenis geneem nadat ‘n boer vroeër in Desember op sy plaas, Angora in die Arlington-distrik besteel en aangerand is.

’n Polisiewoordvoerder in die Vrystaat het gesê die vrou is ‘n werknemer van die 73-jarige slagoffer, mnr. Jacobus Petrus Botha. Sy is op die plaas in hegtenis geneem.

Twee ander verdagtes is in Bethlehem aangekeer.

Botha het geslaap toe die swartes hom met ‘n kerrie begin slaan het. Hulle het geld en vuurwapens geëis, sy hande en voete vasgebind en die huis geplunder.

Voedsel en ’n DVD-speler is al wat gesteel is.