Swart leiers aan die spits by landbou stakings


Vakbondleiers, ANC manne, ex-vakbondbase – die hele lot het hul vingers in die paai in die Boland! Hierdie staking is bes moontlik niks anders as om die boere te ondergrawe terwyl hulle lag-lag die verhogings kan betaal met blankes se belastinggeld!

Nosey Pieterse is die sekretaris van Bawusa, maar is ook ter selfde tyd die Voorsitter van Lindiwe Wyne wat hul druiwe kry van plase rondom Robertson, waar die lone tussen R63 en R75 per dag is.

Die Nasionale Bemagtigingsfonds (dis nou belasting geld) het R3 miljoen gegee om Lindiwe Wyne op die been te bring.

Die vakbond Bawusa, deel glo kantore met BAWASI (Black Association of the Wine and Spirit Industry) wie se doelwit dit is om Swart eienaarskap in die Wynbedryf te bevorder.

Die einste Nosey Pieterse is toevallig ook die president van BAWASI!

BAWASI ontvang R200,000 per maand van die SA Wynbedryf Trust wat weer sy fondse ontvang van die Wynsektor-kapitaliste (WOSA).
BAWASI is deel van Phetogo Investments, wat ‘n BEE groep is met ‘n 27% aandeel in KWV. BAWASI en Phetogo het ‘n lening van R120 miljoen ontvang van die IDC (nog belastinggeld), R40 miljoen van SAWIT (The Wine Bosses Trust) en R40 miljoen van die welbekende KWV self.

Waarnemers sê hierdie mense het oorgenoeg spaargeld om die oproer aan die gang te hou!

Die Voorsitter van KWV is Marcel Golding, wat voorheen die Adjunkvoorsitter van NUM (National Union of Mineworkers) was. Een van die direkteure van KVW is Johny Copelyn, wat voorheen die Sekretaris van Cosatu se Tekstiel-vakbond, SACTWU, was.

HCI was grotendeels opgerig met fondse van die Tekstielbedryf se erg uitgemergelde werkers en besit blykbaar ‘n 35% aandeel in KWV – dus is ex-Cosatu-manne nou kapitaliste in die wynsektor.

Iemand het die opmerking gemaak dat dit nou die slagspreuk bevestig: ’n Beter lewe vir “almal”.

Voorts besit Tokyo Sexwale nou Bloemendal en Oude Kelder terwyl Vali Moosa Paardenkloof ingepalm het.

Tog vreemd hoe dinge uiteindelik bekend raak – en dit laat ‘n mens met ander oë na die stakings kyk!

(Spesiale korrespondent uit die VSA)